Terme en voorwaardes:
Geen funksie word vas bespreek voor ‘n deposito van 70% betaal is nie. Dit moet geskiet 12 werksdae voor die funksie. Bewys van betaling moet gestuur word na kleine.krummels@gmail.com. Om die datum vas te maak moet die deposito dadelik betaal word.
Die balans moet betaal word by aanvangsdatum van die funksie, in kontant of ‘n dadelike internet oorplasing. Enige funksie wat gekanselleer word sal die deposito nie terug betaal word nie. Dit kan wel geherskeduleer word vir ‘n datum wat Kleine Krummels beskikbaar het. Alle toerusting wat beskadig word sal vervang word met die vervangingswaarde per item. Voorskote word vervang teen ‘n koste van R400-00 per voorskoot. Snyborde (teëls) word vervang teen ‘n koste van R300-00 per teël. Elektriese kitsers word vervang teen ‘n koste van R700-00 per klitser.
Tafeldoeke wat “kwaadwilliglik” beskadig word of wegraak sal vervang word teen R700-00 per tafeldoek. Elke kwotasie word individueel saam gestel. Sou u enige veranderinge wil maak aan die kwotasie moet u dit doen voor betaling geskiet. Resepte en demonstrasies kan nie verander word as u nie binne 12 werksdae voor die funksie Kleine Krummels in kennis gestel het nie. Die oorspronklike kwotasie sal dan eers aangespas moet word. Alle bestandele word ingesluit by u kwotasie en is van die beste kwaliteit produkte. Kleine Krummels verseker dat u nie teleurgestel sal wees met die diens wat ons lewer nie. Ons onderneem om u funksie uniek en baie spesiaal te maak!!!
Vriendelike groete,
Isabella Olivier